Bambang Sulistyo, wat in beheer van die soektog is, sê 'n soekspan het dié opnemer gevind, maar dat die kajuit-stemopnemer nog nie opgespoor is.

Dit is noodsaaklik om dié opnames van vlug 8501 op te spoor om te bepaal wat die vliegongeluk kon veroorsaak het.

Die stert van die vliegtuig is die afgelope naweek van die seebodem na die oppervlak gebring.

Die soektog na slagoffers van die ramp duur intussen onverpoosd voort. Altesaam 48 lyke is tot dusver gevind.

- Sapa