Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se suster, Aimée, het Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ’n brief oorhandig aan Reeva Steenkamp se ma, June.

June het kort voor negeuur by die hof opgedaag en het ’n swart-wit-foto van haar dogter op haar lapel gedra.

Sy het drie lede van die ANC-vroueliga gegroet, wat in die voorste ry van die galery gesit het. Sy het toe langs hulle gaan sit.

Oscar het ’n paar minute later opgedaag. Hy het vir June geknik, maar sy het nie na hom gekyk nie.

Aimée het langs een van die lede van die vroueliga gaan sit en haar ’n briefie gegee wat sy en Oscar oomblikke vroeër gestaan en skryf het. Dis toe na June aangestuur. Sy het dit gelees en toe na Oscar gekyk. –

- Sapa