Oscar se suster en broer, Aimee en Carl, het aan die uitsaaier gesê “die landskap van ons lewe het vir ewig verander”.

Aimee het gesê sy wou nie Reeva se dood oor haar maak nie, maar het gesê “daar is ’n verlies en pyn omdat sy nie meer hier is nie”.

Sy beproewing sal nóóit verby wees nie, het sy ook oor haar broer se vonnisoplegging gesê.

“Dis iets wat my broer altyd met hom gaan saamdra,” het sy weer aan CNN gesê.

“Hierdie (die vonnisoplegging) is net ’n fase van ’n reis wat nooit gaan eindig nie.”

Carl het ook aan eNCA gesê: “Dit was ’n moeilike sewe maande en dit gaan môre (vandag) ook moeilik wees. Dis ’n gewig wat ons almal dra.”

Bronne: News24, Netwerk24, Daily Mail