Kyk net hierdie oulike video van ’n Bull Mastiff wat baie duidelik sy hondemaat in die sop laat beland het.

Die video begin met ’n Franse bulhond, toegedraai in toiletpapier en omring met stukkies toiletpapier.

Jy hoor hoe die eienares vra: ‘Is dit wat jy wil hê? Wil jy heeldag daardie toiletpapier om jou lyf dra? Het jy hierdie gemors veroorsaak?’ Die bulhond se enigste antwoord is die hartseerste, skuldigste hondgesiggie wat jy nog ooit gesien het.

Dan draai die eienares na die ander hond, ’n Bull Mastiff, en vra hom: ‘Het jy dit gedoen? Wie het dit gedoen? Die oulike hond hou duidelik nie daarvan om beskuldig te word nie, dus aarsel hy ’n oomblik lank en swaai sy stert senuweeagtig voordat hy sy poot lig en die skuldige uitwys.

Die kamera beweeg terug na die bulhond wat met smekende ogies om vergifnis vra en weldra sy kop laat sak. Dit is nie duidelik of die twee huismaats se hondevriendskap ooit weer sal herstel nie – maar een feit staan soos ’n paal bo water: verklikkery was nog nooit heeltemal so oulik nie!

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, HUFFINGTONPOST.COM