Die twee se smerige drie maande lange regstryd het vroeër vandeesmaand tot ’n einde gekom en die akteur het ingestem om die aktrise R94,5 miljoen te betaal.

Sy het dadelik aangekondig sy gaan al die geld skenk aan die Los Angeles-kinderhospitaal en die American Civil Liberties Union (ACLU). En pleks van die geld aan sy eks betaal sodat sy dit aan dié twee organisasies kan oordra, het Johnny tjeks in haar naam aan hulle gestuur en gesê hy sal hulle in paaiemente van R47 miljoen afbetaal.

’n Verteenwoordiger vir die 53-jarige akteur het aan TMZ.com gesê: “Nadat Amber aangekondig het die skikkingsbedrag moet gelykop verdeel word tussen die Los Angeles-kinderhospitaal en die ACLU – twee belangrike, verdienstelike organisasies – het Johnny die eerste van verskeie paaiemente van hierdie geld in haar naam aan elke organisasie gestuur. Ons respekteer Amber se vrygewigheid om die geld aan hierdie wonderlike organisasies te skenk.”

Deel van die ACLU se werk is om kwesbares te beskerm en om dienste te verbeter aan vroue wat slagoffers van huishoudelike geweld was. Die akteurs se verhouding het versuur nadat Amber in Mei om ’n egskeiding aansoek gedoen en ’n weerhoudingsbevel teen haar vervreemde man versoek het.

Hul regstryd het tot Augustus geduur, toe hulle ooreenkom om te skik en Amber haar klag van huishoudelike geweld teruggetrek het.

Nadat hulle ’n skikking bereik het, het Amber en Johnny dié gesamentlike verklaring uitgereik: “Ons verhouding was passievol en soms onstabiel, maar altyd deur liefde geanker. Fisieke of emosionele skade was nooit die bedoeling nie. Geen partye het vir finansiële gewin vals beskuldigings gemaak nie.”

© Cover Media