- die soort wat altyd begin met "Daar was 'n Ier, 'n Skot en 'n Engelsman...."

In hierdie geval gaan daar egter net een karakter wees: 'n Ier genaamd Joseph P. Griffin. Toe hy onlangs 'n draai in Las Vegas gemaak het, het sy seun dit goedgedink om pa met 'n GoPro en 'n selfiestok toe te rus. Maar hy het vergeet om behoorlike instruksies te verskaf.

Die gevolg? Beslis een van die allersnaakste videos wat jy nog ooit van iemand se vakansie gesien het. Want Joseph P. Griffin het die kamera agterstevoorom op die selfsiestok vasgemaak. Maar wag, laat ons nie jul pret bederf nie.

Loer gerus hier na die video.