Die rolpentmaker, wat sy vrou in die Underworld-flieks regisseer het, het onversoenbare verskille as rede aangevoer in die dokumente wat deur TMZ bekom is.

Die voormalige paartjie het afstand gedoen van enige reg op finansiële ondersteuning wat daarop dui dat hulle ’n voorhuwelikse kontrak gehad het.

Kate en Len is in 2004 getroud en het nie kinders saam nie. Sy het ’n dogter, Lily, uit ’n vorige romanse met die Walliese akteur Michael Sheen.

Die paartjie se huweliksbootjie het verlede jaar op die rotse beland toe Len saam met die model CJ Franco en Kate op die rooi tapyt sonder haar trouring gewaar is.

Volgens verskeie bronne is die twee tydens die Amerikaanse somer verlede jaar uitmekaar, maar was daar “geen drama” nie. “Hulle is nog vriende en bring tyd saam deur in Los Angeles as Kate daar is,” het ’n bron vertel.

“Albei het ingewikkelde werkroosters gehad en hulle het uitmekaargedryf.”

Iemand in die binnekring het aan UsMagazine.com gesê: “Hulle het probeer om dinge te laat werk, maar het weer in ou gewoontes verval en baklei.”

Woordvoerders vir Kate en Len het nog nie kommentaar gelewer oor die egskeiding nie.

© Cover Media