Julius Malema jaag mense die harnas in feitlik elke keer dat hy sy mond oopmaak – as die vuurvreter-leier van die ANC-jeugliga betaal word vir elke keer dat hy iemand beledig, kan hy nog ryker word.

Bespreek vir Skouspel!

Malema oor Helen Zille

(DA-leier en premier van die Wes-Kaap)

Die kwessie Helen kondig haar uitsluitlik manlike provinsiale kabinet aan en beskryf pres. Zuma as ’n ‘‘selferkende rok-jagter met diepliggende seksistiese sienings’’.

Julius sê Helen het ’n kabinet van nikswerdmense aangestel – van wie die meeste haar kêrels en “bywywe’’ is – sodat sy kan aanhou om by hulle te slaap. – Mei 2009

Malema oor Nicky Oppenheimer

(Voorsitter van De Beers)

Die kwessie Oppenheimer sê myne moenie genasionaliseer word nie.

Julius sê Wie is Nicky Oppenheimer? Ons respekteer hom nie. Hy was nooit ’n leier van ons mense nie. Ons moet van sy familie wegvat dit wat aan die mense van hierdie land behoort. – Feb. 2010

Lees meer oor Julius Malema se omstrede-uitlatings in uitgawe van 25 Maart.