1. Eerste boeke vir baie jong babas met eenvoudige foto’s van babas se gesigte werk goed.
  2. Herhaling en roetine laat babas veilig voel; jy kan dus dieselfde boek dikwels lees sonder dat jy jou baba verveel. Jy kan ook ander dinge sê (en in ander tale sê) as wat op die bladsy staan, solank jy en jou baba dit geniet.
  3. Dis die maklikste om met jou baba op jou skoot te sit en die boek voor jou te hou as hulle nog nie self regop kan sit nie.
  4. Die meeste babas van sowat ses maande en ouer geniet ook boeke met liedjies en rympies. Lees die woorde, maar praat ook oor wat in die prente is en noem van die voorwerpe en kleure. Jy kan ook interessante geluide maak, byvoorbeeld “moe” vir ’n koei.
  5. Boeke wat van lap of bord gemaak is, is ook dikwels die praktiesste, want babas hou daarvan om dit te kou, slaan en laat val, veral wanneer jy hul doek omruil of wanneer hulle in hul stootwaentjie is.
  6. Ouer babas hou van boeke met flappe, uitklappe (pop-ups) en knoppies wat geluide maak wanneer jy dit druk. Hulle raak ook nou meer betrokke, soos om na dinge op die bladsy te wys en te probeer omblaai.
  7. Tussen een en drie jaar neem kinders se vermoë om taal te verstaan en gebruik dramaties. Al kan hulle steeds boeke van hul eerste jaar geniet, hou hulle ook dikwels van stories oor ander kinders, diere en bekende ervarings.
  8. Sit steeds elke dag tyd opsy om met jou kind te lees; hulle gaan leer lees is ’n genotvolle aktiwiteit

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali-lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek http://nalibali.org/ of vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.