Ma’s verwys dikwels grappenderwys na hulself as taxi-bestuurders, maar dit is uiters belangrik dat ons ons bes doen om ons kinders op die pad veilig te hou. Volgens ’n onlangse verslag van die AA word honderde padongelukke veroorsaak deur die felheid van die son wat bestuurders se sig belemmer. Hier is agt wonderlike wenke wat jou dit help hanteer.

  1. Hou jou voorruit binne en buite skoon. Moet liefs nie ’n viniel-gebaseerde reiniger op jou instrumentpaneel gebruik nie; dit kan die oppervlak ’n spieël-effek gee. Stofdeeltjies en ander voorwerpe op jou voorruit kan ook lig reflekteer en verdraai.
  2. Moenie ’n motor met ’n ligte instrumentpaneel koop nie. Saam met sy skuinste kan dit ook uiters reflektief wees.
  3. Wees vroeg soggens en smiddae laat ekstra versigtig. Baie ongelukke as gevolg van die son daardie tye dat die son op die horison is en die motor se sonskerm min beskerming bied. Probeer jou uitstappies so beplan dat jy daardie tye van die dag nie op die pad is nie. Hoe nader die son aan die horison is, hoe erger die son se felheid.
  4. Verminder onmiddellik van spoed sodra die son jou sig belemmer. Jy is dalk in die versoeking om aan te hou tot jy beter kan sien; moet dit liefs nie doen nie.
  5. Wees bedag op die uitwerking van die son op jou en ander bestuurders wanneer jy tydens sonsondergang bestuur.
  6. Moet nooit ander motors verbysteek wanneer die sonlig laag is en die pad vorentoe die oop is nie; dit kan op ’n ramp uitloop.
  7. Dit is belangrik dat jy ’n goeie sonbril dra wat donker genoeg is om die effek van die son uit te skakel. Ons beveel spesifiek ’n gepolariseerde sonbril aan.
  8. Die eenvoudigste manier om die felheid van die son te hanteer is om altyd jou sonbril by jou te hê. Hou ’n ekstra paar in jou paneelkissie.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.