’n Gefrustreerde man van Colorado in die VSA kon dit net nie meer verduur nie. Hy het net een keer te veel met sy rekenaar gesukkel. Toe skiet hy dit...

Lucas Hinch, 38, beweer die rekenaar het hom soveel hoofbrekens gegee dat hy dit net nie meer kon verduur nie. Hy het toe die sukkelende rekenaar na ’n afgeleë stegie geneem en agt keer met sy pistool geskiet. Die rekenaar is nou glo afgeskryf.

Lucas beweer dat hy nie bewus was van die feit dat hy die wet oortree het nie. Nou staar hy ‘n klagte in die gesig omdat hy ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek afgevuur het. ’n Regter moet nog besluit wat sy straf gaan wees.

Bronne: Colorado Springs Gazette, AP, Yahoo News,