Ses van die agt wat beserings opgedoen het, is kinders tussen drie en sewe jaar oud. Die ander twee beseerdes is volwassenes.

Hul beserings wissel van matig tot ernstig.

Die voorval het in Eindhovenstraat in Delft op die Kaapse Vlakte plaasgevind.

Die polisie is ook op die toneel om die voorval verder te ondersoek.