Volgens haar ma, die fyngeboude Reena (21), was Chahat ’n normale baba – tot waar sy vier maande oud geword het.

Vandaar het sake vir die Kumars verander. Haar pa, Suraj (23), vertel dat sy aansienlik meer eet as ander babas in dieselfde ouderdomsgroep. Hy self is aan die skraal kant. Dokters krap ook kop oor dié uitsonderlike geval. Skynbaar het hulle probeer om ’n bloedmonster van Chahat te neem, maar haar vel is glo abnormaal hard.

Haar ouers ontken dat haar onversadigbare honger enige moontlike verband met haar dieet kan hê. Sy het glo die aptyt van ’n 10-jarige en haar ouers blameer na bewering “God” vir haar gewigsprobleem.

“Dis nie ons skuld nie. God het haar hierdie toestand gegee. Dis nie in ons hande nie. Ek voel sleg wanneer party mense vir haar lag oor haar gewig,” het Suraj gesê.

Tussen alles deur word Chahat net groter en swaarder. Nou sukkel sy om te slaap en selfs asem te haal. . .

Bronne: indianexpress.com, daiymail.co.uk, metro.co.uk