“Dit was ’n 17 jaar lange loopbaan wat my verwagtinge oortref het,” sê hy.

“Ek het die voorreg gehad om onder talle uitstekende afrigters te speel, insluitende die heel beste, José Mourinho. Ek tree uit ná ’n loopbaan waarin ek my land 80 keer op senior vlak verteenwoordig en 31 doele, ’n rekord, aangeteken het.”

Hier is agt koel feite oor Benni:

1. Hy hou die rekord vir die grootste aantal internasionale doele wat vir Suid-Afrika aangeteken is.

2. Hy is Bafana se top-doelskieter van alle tye.

3. Hy het in een wedstryd (teen Namibië in 1998) vier doele aangeteken.

4. Benni het vir die Portugese span Porto gespeel toe die “spesiale een”, José Mourinho, die afrigter was. Hy was lid van die span toe hulle in 2004 die Europese kampioeneliga gewen het.

5. Blackburn Rovers het hom in 2006 vir R39 miljoen gekoop.

6. Met 18 doele was hy die tweede beste doelskieter tydens die 2006-7-seisoen van die Premierliga. Hy het Cristiano Ronaldo, Wayne Rooney en Robin van Persie uitgestof.

7. Hy is ’n boorling van Hanover Park op die Kaapse Vlakte.

8. Sy ouer broer, Jerome, was ook ’n beroepsokkerspeler en het vir Kaiser Chiefs gespeel.

- Deur Kirstin Buick

Bronne: sowetanlive.co.za, kickoff.com, espnfc.com