[caption id="attachment_155283" align="aligncenter" width="600"]Uwenzile en Uyihlelile Shilongonyane is 2 Januarie deur middel van 'n keisersnee gebore. Foto: Netcare Unitas-hospitaal Uwenzile en Uyihlelile Shilongonyane is 2 Januarie deur middel van 'n keisersnee gebore. Foto: Netcare Unitas-hospitaal[/caption]

Die dogtertjies, Uwenzile en Uyihlelile Shilongonyane van Swaziland, het ’n gesamentlike gewig van 4,21kg gehad toe hulle met ’n keisersnee op 2 Januarie gebore is.

Die babatjies was by die heup geheg, elkeen met hul eie hart en ander lewensbelangrike organe. Dit het hul kanse om die skeidingsoperasie te oorleef verbeter, het die pediatriese chirurge dr. Mariza de Villiers en dr. Paul Stevens vooraf gesê.

[caption id="attachment_155285" align="aligncenter" width="600"]Die tweeling was met 'n brug van vel aan mekaar verbind. Foto: Netcare Unitas-hospitaal Die tweeling was met 'n brug van vel aan mekaar verbind. Foto: Netcare Unitas-hospitaal[/caption]

Dié tweeling is die tweede stel Siamese tweelinge wat die span dokters geskei het.

In ’n verklaring verduidelik die hospitaal dat die tweeling net deur ’n brug van vel verbind was wat die operasie vereenvoudig het.

"Die feit dat daar ’n brug van vel tussen hulle was, beteken dat daar voldoende vel was om die chirurgiese wond aan elke baba toe te maak sonder die noodsaaklikheid vir plastiese chirurgie," het Mariza gesê.

Volgens die dokters was die toedien van narkose die grootste uitdaging.

"Die tweeling was op so ’n manier verbind dat hul gesiggies na mekaar gedraai was," verduidelik hulle. Omdat hul gesiggies so na aan mekaar was, was dit moeilik om die narkose toe te dien omdat die babas nie op hul ruggies neergelê kon word nie.

"Dit was baie meer ingewikkeld as gewoonlik."

Vier narkotiseurs, geklee in verskillende kleure hospitaaljasse, het gesorg vir die babas se welstand tydens die operasie.

[caption id="attachment_155284" align="aligncenter" width="600"]Die vier vrouenarkotiseurs, dr. Henrika Roussouw, dr. Sandra Spijkerman, dr. Marleen Odendaal en dr. Jeandri Smith. Foto: Netcare Unitas-hospitaal Die vier vrouenarkotiseurs, dr. Henrika Roussouw, dr. Sandra Spijkerman, dr. Marleen Odendaal en dr. Jeandri Smith. Foto: Netcare Unitas-hospitaal[/caption]

Om die narkose "net reg" te kry vir die operasie het meer as drie uur - byna die helfde van die hele operasietyd - geduur.

Die tweeling is ampetlik om 12:00 geskei en die operasie was teen 14:00 voltooi.

Uwenzile en Uyihlelile se ouers, Bongkile en Mbongeni, het uigevind hulle verwag ’n tweede stel tweelinge toe Bongkile sewe maande swanger was.

Hul eerste stel, albei seuns, is nou twee jaar oud.

[caption id="attachment_155281" align="aligncenter" width="600"]Die tweeling se ma, Bongkile. Foto: Netcare Unitas-hospitaal Die tweeling se ma, Bongkile. Foto: Netcare Unitas-hospitaal[/caption]

"Aanvanklik was ek nie bly om te hoor ek verwag weer ’n tweeling nie," erken Bongkile. "Maar die oomblik toe hulle gebore is, het alles verander. Na hul geboorte was ek eers nie bekommerd nie, want ek het gedink die babas is aan hul naelstring verbind."

Dit was toe nie die geval gewees nie.

Die hospitaal se hoofbestuurder, Robert Jordaan, sê hulle is baie beïndruk met hoe goed Bonkile haar Siamese tweeling hanteer het. Veral as mens in ag neem hoe moeilik iets so eenvoudig soos om hulle op te tel was.

Agt dokters en ’n teaterspan van 11 verpleegkundiges het aan die skeidingsoperasie deelgeneem.

[caption id="attachment_155282" align="aligncenter" width="600"] Agt dokters en ’n teaterspan van 11 verpleegkundiges het aan die skeidingsoperasie deelgeneem. Foto: Netcare Unitas-hospitaal Agt dokters en ’n teaterspan van 11 verpleegkundiges het aan die skeidingsoperasie deelgeneem. Foto: Netcare Unitas-hospitaal[/caption]

Bron: News24