Hier is agt dinge wat jy moet weet daaroor

1. Zuma, Des van Rooyen en Mosebenzi Zwani is die aansoekers vir die hofbevel

Zuma, Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, wil ’n hofbevel kry om te keer dat Madonsela se “staatskaping-verslag” bekend word.

Madonsela het dié verslag gefinaliseer voor sy aan haar opvolger oorgegee het. Die verslag kom ná bewerings wat gemaak is deur Vytjie Mentor, ’n voormalige senior ANC-LP, en Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, dat die omstrede Gupta-familie hulle ’n pos in die kabinet aangebied het. Die president wil ’n hofbevel kry omdat hy nie genoeg tyd gehad om sy kant van die saak te stel nie. Hy wil hê die bekendmaking van die verslag moet uitgestel word. Sy regsverteenwoordiger, Anthea Platt, het aan die hof gesê hulle wil twee maande hê om te antwoord op die verslag en om getuies in die verslag te ondervra.

2. Die nuwe openbare beskermer staan nie pres. Jacob Zuma se hofaansoek teen om te keer dat die sogenaamde staatskaping-verslag uitgereik word nie Adv. Busisiwe Mkhwebane, die nuwe Openbare Beskermer, het verlede week hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin sy sê sy sal haar berus by wat ook al die hof besluit, het Karyn Maughan van eNCA getwiet. 3. Die DA, EFF en UDM staan Zuma en kie se aansoeke teen Die DA sê in die hof hulle is daar om die ander opposisiepartye te ondersteun en dat die verslag aan almal bekendgemaak moet word, berig News24.

Die EFF sê die bekendstelling van die verslag is in openbare belang. 4. Die saak word deur ’n volbank regters in hof 6E van die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Argumente sal oor twee dae aangehoor word, berig ENCA. 5. Daar was groot argumente oor Des van Rooyen, wat skielik deel van die aansoek wou wees Adv. Dali Mpofu het aangevoer Van Rooyen se aansoek om deel van die verrigtinge te wees, is nie dringend nie en is ongegrond. Hy wil hê dit moet van die rol geskrap word.

6. Adv. Tembeka Ngcukaitobi het vandag ’n goeie indruk in die hof gemaak Tembeka het vandag die EFF in die hof verteenwoordig.
7. Die saak is kort ná vieruur verdaag tot vyfuur Die regters het gesê hulle wil die onderskeie aansoeke oorweeg en sal vyfuur terug in die hof wees.
8. Die hof het sowat 'n halfuur later hul beslissing aangekondig. Die EFF, UDM, DA, Fytjie Mentor en Cope kan toetree tot die saak. Die DA versoek dat die verslag dringend bekend gemaak moet word. Die koste van die saak sal deur die staat gedra word.

Hoe Twitter reageer het