Dink jy ’n pak slae is af en toe aanvaarbaar? Volgens die navorser en skrywer dr. Justin Coulson toon nuwe navorsing aggressiewe ouers en onderwysers verander kinders in boelies.

Justin meen ouers wat aggressief teenoor hul kinders is, is deels te blameer vir boelies by skole.

“ ’n Gegil, gedreig, die onttrek van voorregte en ’n geslaan bevorder ’n kultuur van sistemiese geboelie wat aan toekomstige generasies oorgedra gaan word. Die meeste volwassenes sien dit nie as boelie nie; hulle meen hulle pas dissipline toe,” het hy verduidelik.

Data wat van 140 navorsingstudies die wêreld oor versamel is, het getoon kinders in minder geneig om boelies te wees wanneer hul ouers en onderwysers begrypend en responsief is, en wanneer hulle dissipline as “onderwysend” en “leidend” is, eerder dat hulle dit afdwing.

“Ons moet dissipline minder as ’n straf sien en meer as ’n onderrig-?geleentheid. En ons moet besef ’n boelie is gewoonlik ’n kind met ’n belangrike behoefte waarin daar nie voorsien word nie – en die geboelie in die ongesonde manier waarop hulle daardie behoefte probeer bevredig,” sê Justin.

Wenke om aggressiewe ouerskap te voorkom

  • Kyk uit vir die snellers: Wees bewus daarvan en vra jou af of daar sekere snellers is wat gereeld jou aggressiewe gedrag veroorsaak.
  • Wees versigtig vir jou reaksie: As jy met enige probleme in die huis reageer deur te slaan en skree, gaan jou kinders hierdeur leer dat dit aanvaarbare gedrag tydens stresvolle tye is.
  • Luister en neem waar: Kyk na die saak uit ’n ander oogpunt voor jy oorreageer en luister na wat jou kind te sê het. Verduidelik dan op ’n kalm manier jou oogpunt aan hulle.
  • Wag vir die regte tyd om dissipline toe te pas: As jy ’n moeilike dag beleef het, moet jy liefs ’n rukkie wag tot jy kalmer is om jou kind se dade op ’n kalmer manier met hulle te bespreek.
  • Toon eerder liefde: Wys jou kinders jy het hulle lief deur hulle met liefde te oorlaai. So gaan hulle nie eensaam raak en die behoefte het om op ander maniere jou aandag te soek nie.
  • Prys goeie gedrag: Prys jou kinders as hulle goeie gedrag toon. Dit gaan jou kind goed laat voel en hulle gaan hulle wil gedra; dit gaan ook maak dat jy nie so baie kwaad raak nie.

- Janine Nel

Bronne: Dailymail.co.uk, kidspot.com, wikihow.com, lightshouse.org

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.