Mimi Mahlasela,wat die rol van Aggie in 7de Laan die afgelope ses jaar vertolk, en Angelique Gerber (Clara) is eintlik boesemvriende en kuier lekker saam.

Die twee is oudkollegas,maar hul vriendskap strek veel verder as Hillside en 7de Laan se grense.

Hulle het mekaar in 2007 ontmoet toe “MET Angelique weet jy altyd waar jy staan,” sê Mimi. “As sy ontsteld is, is sy intens ontsteld en almal weet dit. Wanneer sy gelukkig is, is dit ook so. En dis daardie reguit manier van dinge doen en sê waarvan ek hou.”

Die twee het ure in die green room, die akteurs se ontspanvertrek, omgepraat. Soms het hulle diep en ernstige sake soos politiek en geloof bespreek. Ander kere was hulle net laf en kon hulle oor die kleinste dingetjies lag dat die trane rol, onthou Mimi.

“Ons geloof is ook iets wat ons deel. En ons praat openlik daaroor,” sê Angelique.

Lees meer oor die twee se vriendskap in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.