Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Catherine, en hul seun, prins George, het tydens hul koninklike toer na Nieu-Seeland en Australië opnuut ons harte verower.

Prins George is ’n kostelike baba en sy ronde wangetjies herinner aan ’n engeltjie. William en Kate lyk ná byna drie jaar se getroude lewe steeds dolverlief, en tydens die toer deel hulle kort-kort ’n grappie en ’n ligte oomblik.

Hier is 15 van die kostelikste oomblikke op die gesin se toer tot dusver.

Knorrige George

Die koninklike gesin se aankoms in Wellington, Nieu-Seeland, was die klein prins George se groot oomblik. Sy ronde, pienk wange en tuitmondjie het aan hom die bynaam knorrige George besorg.

Hallo, wêreld

Dit een van die eerste kere sedert sy doop in Oktober verlede jaar dat prins George in die openbaar gesien is.

Daar’s hy, Mamma

Kate het prins George na sy eerste amptelike koninklike plig vergesel – ’n besoek aan ’n speelgroepie by die Nieu-Seelandse goewerneurswoning op 9 April. Hier deel baba en mamma ’n kosbare oomblik toe dit lyk of George ’n sliert van sy ma se lang, donker hare agter haar oor wil steek.

Trotse ma

Kate straal toe haar seun begin loop by die speelgroepie.

Wat doen daai knoppie?

William is duidelik in sy noppies agter die stuur van dié vliegtuig uit die Eerste Wêreldoorlog, wat aan die filmregisseur sir Peter Jackson behoort.

Jammer, liefie!

Kate trek haar skouers op vir William nadat sy hom in ’n seilvaart in die Auckland-hawe geklop het.

Ligte oomblik

Kate en William deel ’n grappie nadat hulle mekaar in ’n seiljagvaart gepak het.

Ons is lief vir jou, Kate

Catherine, die hertogin van Cambridge, kry ’n drukkie by ’n jong bewonderaar op die lughawe by Dunedin.

Bok vir sports

Nie eers Kate se spykerhakke kon tydens ’n krieketwedstryd in Christchurch, Nieu-Seeland, haar pret bederf nie. Dit wil gedoen word!

My hondjie is ouliker as joune

Prins William en Kate speel elkeen met ’n hondjie tydens hul besoek aan die Royal New Zealand Police College in Wellington, Nieu-Seeland.

Trou met my!

Die eenjarige Ruby-Cate doen haar bes om prins George se hart te wen. Sy en haar pa het William en Kate ingewag by die gemeenskapshof in Wellington, Nieu-Seeland.

Nuuskierige prinsie

Prins George loer nuuskierig na ’n baadjiesknoop.

Wees gegroet, onderdane

Prins George oefen met hul aankoms in Sydney, Australië, sy koninklike wuif in sy pa se arms.

Liefdevolle paartjie

Prins William plaas ’n beskermende hand op sy vrou se rug voor hulle die operahuis besoek in Sydney, Australië.

Geskenk vir ’n prinsie

Kyk net hoe in sy noppies lyk prins George met die teddiebeer wat sy pa  hom gee. Dié beer is ’n geskenk van die Australiese goewerneur-generaal.