Hul seuntjie is twee weke gelede op 8 Januarie gebore en het by geboorte 4,18 kg geweeg.

Nou skryf die skoonheid by die kosbare foto waarop mens net die knapie se bors en een handjie kan sien: "Ek raak elke dag meer verlief op jou." Hy dra ’n baie oulike wit, rooi en blou pakkie met ’n kaart van Afrika daarop en ’n hartjie by Suid-Afrika.

“Ek sou nooit kon droom dat ’n mens soveel liefde kan hê vir so ’n klein, volmaakte mensie nie,” het Rolene vroeër aan Huisgenoot gesê.

Die jong mamma en mediese student moes kort na haar seuntjie se geboorte haar studies aan die Universiteit van die Vrystaat hervat.

“Ek besef dit gaan ’n aanpassing wees om ... my studie te hervat, maar met ons ongelooflike ondersteuningstelsel weet ek dis meer as moontlik," het sy vertel.

Die nuwe pappa, D’Niel, se hart is ook vol dankbaarheid oor hul klein knapie.

“Ons is baie dankbaar vir die voorreg om ’n sterk, gesonde klein babaseuntjie ons eie te noem,” het hy voor verlede week aan Huisgenoot gesê.

Rolene en D’Niel, ons deel in julle vreugde! Geniet elke oomblik saam met julle prinsie.