Ag moeder! Die Afrikaanse sanger Elvis Blue maak tussen sy besige program van musiek maak en optredes deur darem ook tyd vir popspeel.

Elvis het Donderdag ’n oulike foto van hom en sy dogtertjie gedeel waar hy op die grond sit, omring deur sagte speelgoed, popklere en wel, alles wat pienk is.

Voor hom sit sy dogtertjie Lali en kyk hoe haar pa met die pop besig is.

“Ek het gedink die gym was moeilik, toe kom ek by die huis . . . Dink julle ek doen die pop ding reg?” het hy sy aanhangers se mening gevra.

En natuurlik was Elvis se aanhangers dit eens dat dit glad nie saak maak of hy “reg” popspeel nie, solank hy net saam met sy spruit tyd deurbring en speel.

Elvis is egter nie die enigste bekende pa wat soms speletjies saam sy dogtertjie speel nie.

Jakkie Louw deel ook graag foto’s van hoe sy meisiekinders hom besig hou.

Mmmmmm... ekt gedog ons gaan 'n middag slapie vat! #neveradullmoment

A photo posted by Jakkie Louw Propvol (@jakkielouw1) on

Cupcakes vir die sekuriteit by die hek. Hul pas ons mos op As Pappa toer.

A photo posted by Jakkie Louw Propvol (@jakkielouw1) on

En die Reis na Gister-aanbieder Jak de Priester pak soms die winkels saam met klein Mija aan.

Vandag bietjie date dag met my baby-girl, Mija! Kan n dag nou beter wees! #wintershopping

A photo posted by jak de priester (@jakdepriester) on

Hoewel die foto al ’n tydjie gelede geneem is, gee die voormalige Proteas-kaptein Graeme Smith ook glad nie om om sy hande vol pienk versiersuiker te maak nie.

No idea how , but myself and cadence baked cupcakes this morning. Well resemblance of cupcakes.good fun though......

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on