Wanneer jy dié video kyk wat deur sy trotse ma op Instagram gedeel is, gaan jy weet hoekom sy hom haar “liefste lyfie” noem.

Die voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, se seuntjie, ook Jacques, het onlangs die 16-weke-mylpaal bereik. Terwyl Angelique vas oortuig is dat die kleinding sy pa se mooi glimlag gekry het, is dit die oulike kuiltjie in sy wang wat harte verower. Jy gaan na alle waarskynlikheid die video meer as een keer kyk net om lekker saam met hom te lag . . .

Genade....??????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Dit moet ook heerlik vir Jacques se ma wees om hierdie oomblikke met haar kleinseun te ervaar. Jacques het dié foto Donderdag op Instagram gedeel met die woorde: “Dis lekker om my ma vir die eerste keer by ons te hê en vir klein Jacques'ie te ontmoet! Dis die eerste keer wat sy vlieg in 28 jaar.”