Hier is sy saam met Morné Morkel se vrou, Roz, en hul seuntjie, Arias, by Supersport Park in Centurion. Danielle en AB skattige kleinding, wat in Julie verlede jaar gebore is, aard duidelik na sy ma. AB het onlangs ’n foto van sy seuntjie en vrou op Instagram gedeel terwyl hulle voor ’n klavier sit.
Hy het toe vertel klein AB kry reeds klavierlesse by sy ma. Die kleinman is duidelik net so musikaal soos sy pa. Dié krieketspeler speel immers al van kleintyd af kitaar en het al ’n pop-album, Maak Jou Drome Waar, saam met die sanger en liedjieskrywer Ampie du Preez uitgereik. AB en Danielle vier later vandeesmaand hul derde huweliksherdenking.
Die paartjie koer omtrent in sosiale media. Danielle het verlede maand op AB se 32ste verjaardag vir hom ’n spesiale boodskap op Instagram plaas. Sy het hom toe haar “absoluut gunstelingmens ter wêreld” genoem. “Ek kan my my lewe nie indink sonder jou nie. Ek vrek oor jou,” het sy laat hoor. Te oulik!
Is die pizza al reg pappa? Pa en seun loer of die pizza’s al reg is by die gastehuis.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk net hoe skattig lyk Harper Beckham in haar Man U-uitrusting!

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet

Jong en gewilde sport aanbieder dagvaar vir miljoene oor naakvideo

Internet gaande oor hondjie met draadjies

Pragfoto’s: ‘Hougie is romanties verby,’ verklap die Blitsbok se nuwe liefie

Slegte nuus vir spoedvrate wat boetes ontduik