fast2

Die fliek, wat nou as Furious 7 bekend staan en in April 2015 sal begin draai, is een van Paul Walker se laaste flieks. Hy is verlede November in ’n motorongeluk dood.

Paul is tydens verfilming dood en sal steeds in die fliek verskyn.

Meer as ander franchises het die Fast and Furious-flieks eenvormige titels vermy. Hulle het gewissel tussen titels soos 2 Fast 2 Furious, The Fast and the Furious en Fast Five.

Die jongste fliek se lokprent word op 1 November uitgereik.

fast3