Nes Disney “vir altyd gelukkig saam” geskep het, kan ’n nuwe webtuiste jou nou help om jou ewige liefde te vind.

Dave Tavres, ’n voormalige Disneyland-treinspoor-ingenieur, het MouseMingle geskep om eensame Mickeys hul Minnies te help vind – en omgekeerd.

“Nis-afspraakwebtuistes is deesdae algemener,” het die selfverklaarde “sagteware-bleeksiel” aan Los Angeles Magazine gesê. “Daar is ’n afspraakwebtuiste vir daggaliefhebbers en JDate vir Joodse mense.”

Hoekom dan nie Disney-liefhebbers mekaar help vind nie?

Wanneer hulle ’n profiel op die webtuiste skep, word gebruikers oor hul gunsteling-Disney-liedjies, Disney-inkopiegewoontes en “Disney-bleeksielvlak” uitgevra om die algoritmes ’n pasmaat vir hulle te help kies. Jy kan ook kies of jy ’n ernstige verhouding soek of net iemand om saam met jou Disneyland te besoek.

“Ek is nie die ou wat by die park by vroue vlerksleep nie en daar is geen vlag waarop staan: ‘Haai, ek is enkellopend’ nie,” sê Dave. “Dit was vir my moeilik om vroue te kry wat soveel soos ek in Disney belangstel.”

Gebruikers sal gelukkig nie gevra word om glasskoene vir moontlike vryers agter te laat wanneer hulle aansluit nie.

Bronne: metro.co.uk, lamag.com