Goeie nuus rondom Julian Redelinghuys se nekoperasie!

Luidens berigte was die operasie vroeër Sondag suksesvol. Julian behoort later vandeesweek huiswaarts te keer. Ons wens hom alle voorspoed toe op sy pad na herstel.

Vroeër vandag

Julian moes in die 44ste minuut van die veld gedra word ná hy en die Cheetahs se haker, Torsten van Jaarsveld, gebots het.

Julian se nek het teen 'n baie slegte hoek gedraai. Die Leeus se spandokter, Rob Collins, het aangedui dat 'n 'ontwrigting' van sy nek tydens die ongelukkige voorval plaasgevind het.

Hy het voorts gesê Julian ervaar miminale tydelike swakheid in sy linkerarm. Julian sal Sondagoggend luidens berigte n operasie ondergaan om die ontwrigting te verminder en te stabiliseer.

Die 27-jarige Julian, wat reeds vanaf 2013 in die kleure van die Leeus sy staal op die veld getoon het, het in 2014 sy toetsdebuut vir die Bokke teen Italië in Padova gemaak. In totaal het hy die Bokke reeds agt keer op die veld verteenwoordig.

Die spandokter is vol vertroue dat Julian sal herstel, alhoewel daar onsekerheid is oor sy vooruitsigte om weer op die veld te draf.

Volgens Sport24 was Julian gewis een van die keuses vir die Springboktoer volgende maand na Europa sou wees. Intussen stroom wense van bemoediging in

 

Ook die Huisgenoot-span wens Julian spoedige herstel toe!

Bronne: rugby365.com, sport24.co.za, sarugby.co.za