Die grootste musiek-toekenningsaand van die jaar is om die draai, en ons eie Afrikaanse sterre staan terug vir niemand nie.

Te midde ‘n vrolike partytjie is die nominasies in elke kategorie van die 17de jaarlikse Suid-Afrikaanse Musiektoekennings aangekondig.

‘n Lekker verrassing is Jay wat benoem is as Nuweling van die Jaar vir sy album Solo.

Maar dis nie al nie – hy is ook saam met Gerhard Steyn, Juanita du Plessis en Kurt Darren vir die Beste Afrikaanse Pop Album benoem.

Karen Zoid is saam met NianellLouise Carver,Siphokazi en Thandiswa benoem in die kategorie Beste Vroulike Kunstenaar van die Jaar.

Sy was nie self by gisteraand se partytjie nie, maar is baie opgewonde oor die benoeming.

“Ek was besig om Heidi te kyk saam met my seuntjie, toe ek boodskappe van mense begin kry met die goeie nuus. Maak nie saak wie sê wat nie, dit beteken tog iets.”

Haar album Terms and Conditions, waarvoor sy die benoeming gekry het, is in Stellenbosch opgeneem waar Karen en haar seuntjie Ben (4) die afgelope jaar al woon.

Albert de WetJakkie LouwRomanz, Rudi en Corlea en Steve Hofmeyr kompeteer teen mekaar vir die beste Volwasse Afrikaanse Kontemporêre Album.

Huisgenoot self het nie lyf weggesteek nie en is benoem vir die Beste Lewendige Multi-Kunstenaar DVD van die jaar vir die Skopuspel 2010 en Skouspel 2010 Plus DVD’s.

In die kategorie Beste Globale DVD is NadineNianell en Nataniël benoem en Kurt Darren en Ray Dylan gaan dit teen mekaar uitspook in die kategorie Beste Sokkie Dans Album saam met Die Campbells en Fredi Nest.

Grapgat Wicus van der Merwe is baie bly oor sy nominasie vir Spietkop Live as Beste Afrikaanse DVD saam met Liza BeekmanRomanzWian Vos en Rudi en Corlea.

GlaskasStraatligkindersVan Coke Kartel en Van Diens Af het die beste Afrikaanse Rock Albums gemaak, en Die See,

Die Tuindwergies en Foto na Dans spook dit uit in die kategorie vir die Beste Afrikaanse Alternatiewe Musiek Album.

Dit gons egter op Twitter oor hoekom mense soos Die Antwoord en Jack Parrow vir niks benoem is nie.

Die spanning laai op en op die 20ste en 21ste Mei sal die wenners by Monte Casino bekend gemaak word.