Marco Spaumer, wat Tim du Plooy in die Kaapse sepie Suidooster vertolk, is een van vele wat hul stem dik gemaak het teen Trump se immigrasiebeleid. Hy het vanoggend die foto van hom en sy "Moslem-broer" - sy mede-akteur Irshaad Ally - op Instagram gedeel.

This is Irshaad Ally. He is my Muslim brother. We share a dressing room at Suidooster. I have loved getting to know his heart, his faith, his kindness and gentle nature. This picture is too intense and I wish I could show you all the times we have laughed together and joked around. He's walked me closer to Home in so many ways and we have had many intimate, teary eyed, conversations about faith and religion, about God, and about prejudice. He's welcome at my table, welcome in my conversations, welcome in every corner of my heart. I love him dearly - and it breaks my heart to see what's happening to his brothers and sisters in the United States. As a Christian I stand and mourn with him, with them, and I will continue to love unconditionally. Assalaamu 'Alaikum roomie. ??

A photo posted by Marco Spaumer (@marcospaumer) on

Hierby skryf hy: “Dit is Irshaad Ally. Hy is my Moslem-broer. Ons deel ’n kleedkamer by Suidooster. Ek was mal daaroor om sy hart, geloof, vriendelikheid en sagte geaardheid te leer ken. Dié foto is te intens en ek wens ek kon julle al die tye wees wat ons saam gelag en gegrap het,” skryf Marco.

“Hy het my al op soveel maniere nader aan my tuiste/God gebring en ons het baie intieme, tranerige, gesprekke oor geloof en oor God en bevooroordeeldheid. Hy is welkom by my tafel. Welkom in my gesprekke en in elke hoek van my hart. Ek is baie lief vir hom - en dit breek my hart om te sien wat gebeur met sy broers en susters in Amerika. As ’n Christen staan ek op en rou saam met hom, saam met hulle, en ek sal aanhou om onvoorwaardelik lief te hê.”

Hy sluit dan sy boodskap af en groet, “Assalamu 'Alaikum kamermaat”.

Marco se aanhangers op Instagram kon nie genoeg kry van sy boodskap nie. “Marco, staan sterk in jou geloof. Jesus as jou Verlosser. Wonderlik om te sien dat jul mekaar respekteer,” skryf ene Magda Muller. Irshaad se hartsnare was ook geroer deur Marco se boodskap. “Jy het my laat huil Marco. Liefde,” het hy geskryf.

#suidooster #heartfm

A photo posted by Irshaad Ally (@irshaadally) on

#suidooster #youngones #love

A photo posted by Irshaad Ally (@irshaadally) on

"Please don't take my woman just because you can..." Happy Friday from this trio! ?

A photo posted by Marco Spaumer (@marcospaumer) on