[caption id="attachment_118517" align="alignnone" width="600"]Talana sterk tans aan na 'n groot knieoperasie. Foto: Verskaf. Talana sterk tans aan na 'n groot knieoperasie. Foto: Verskaf.[/caption]

Hoewel die operasie ’n groot sukses was, vertel Talana aan Huisgenoot sy het “geweldig pyn".

Lees ook: Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue

"Ek het drie weke gelede gaan draf. Toe hoor ek net ’n klapgeluid en slaan neer. My knieskyf was ontwrig, en ek het dit self teruggedruk. Daarna is ek inderhaas na die naaste hospitaal geneem.”

Talana vertel dokters het haar voorberei op ’n baie groot operasie; dis vergelykbaar met ’n knievervanging. “Dit was baie seer.”

Ná die operasie op Woensdag 17 Februarie kan Talana nou al ’n bietjie met krukke loop, “maar ek gaan baie geduld moet hê”, sê sy.

Die sangeres vertel sy was baie geskok toe sy Dinsdag haar been die eerste keer sonder verbande sien. “Ek was baie emosioneel, want dis ’n litteken wat ek nou vir ewig sal hê.”

[caption id="attachment_118518" align="alignnone" width="601"]Die litteken het haar geskok, sê sy. Foto: Verskaf Die litteken het haar geskok, sê sy. Foto: Verskaf[/caption]

Gelukkig gaan sy binnekort met olie- en fisioterapie begin. “My spiere is dood, wat ’n probleem is, maar masjiene help hulle weer wakker maak.”

Talana het verlede jaar ná ’n gestry besluit om Mwah! te verlaat. “Ons drie het ons verskille, maar die besluit om te bedank was 100 persent myne,” het sy vroeër aan Huisgenoot vertel.

Lees ook: Selfone beïnvloed mans se spermtelling

Daarna het sy haar op ’n sololoopbaan toegespits. Deesdae spog sy met ’n vars voorkoms, en sy vertel opgewonde oor haar nuwe album wat op pad is.

“Die liedjies daarvoor stroom in! Baie lekker dinge lê voor. Ek moet nou net vinnig gesond word, want talle vertonings en toere wag op my.”

– Deur Petrus Malherbe

Ander stories op Huisgenoot.com:

Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Rooibos se ‘ma’, dr. Annique Theron, sterf in die ouderdom van 86

Kyk: Oorstelpte vrou en haar hondekind ná maande lange soektog herenig