Volgens Rapport het dié toneel Saterdag voor die sanger se laerskooldogter in Potchefstroom afgespeel.

Bergh se eks-vrou het teen gisteraand nog om haar lewe in die hospitaal geveg.

Die sanger en die maatskaplike werker, Deon Kondos, is op die toneel dood, en Du Rand se tweede man, dr. Charl du Rand, het enkele ure ná die skietery gesterf.

Rapport berig Bergh het sy dogter kom oplaai om die dag by hom te kuier toe hy omstreeks 08:00 voor die kantoor van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) op sy slagoffers losgebrand het.

Die kleuter- en babadogters van die Du Rand-egpaar was in die voertuig toe die sanger die kinders se pa geskiet het. Die baba was nog in haar stoeltjie.

Maatskaplike werkers het die kinders help kalmeer voor hulle na familie geneem is.

Bergh het in 'n selfmoordnota geskryf sy voormalige vrou het hom toegang tot sy dogter geweier.

Bronne: Rapportt, Die Burger

Foto: Facebook