Die Afrikaanse sanger, Lee Scott, se motor is gistermiddag buite sy musiekbestuurder se huis in East Town, Johannesburg gesteel.

Volgens Scott het hy net blitsig by sy bestuurder stilgehou voor hy by die gimnasium ‘n draai sou gaan maak.

“Ek was skaars 30 minute in die huis en toe ek uitkom was my motor weg. Dit is die vreemdste gevoel op aarde,” vertel Scott.

“Ek’t eers gedink iemand vat my vir die gek, maar toe ek besef wat gebeur het was dit ‘n aaklige gevoel. Toe ek vanoggend wakker word het die realiteit eers begin insink.”

Scott het sy silwer Polo Vivo sowat ‘n jaar gelede self gekoop.

"Iemand het dit nou netso van my weggevat en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie."

‘n Saak is by die polisie aanhangig gemaak.

As enigiemand Lee se silwer Polo Vivo (BJ29VNGP) opgemerk het kan jul ‘n e-pos aan ons stuur by web@huisgenoot.com