Die sanger Dewald Wasserfall en sy vrou, Anél , het ouers van ’n seuntjie geword!

Sy mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het die blye nuus Donderdag aan Huisgenoot bevestig.

“Dewald se baba seuntjie is gebore. Dit gaan baie goed met ma en baba,” sê Jenny. 

Sy sê die egpaar wil nie nou al nog inligting verstrek oor wanneer hul baba gebore is of wat sy naam is nie. 

TBT Januarie in Vietnam saam met my 2 gunsteling mense

A post shared by Dewald Wasserfall (@dewaldwasserfall) on

Die kleinding se geboorte kom ’n paar maande nadat Dewald se treffer, “Jy is die storm”, van sy gelyknamige album, goue status verwerf het.

Baie geluk met julle eersteling, Dewald en Anél!