Die “Breek Op In Stereo”-sanger, Willem Botha, het die afgelope naweek bewys dat hy meer kan doen as net musiekmaak.

Willem, wat Springbokklere in perdry het, het Saterdag vir die eerste keer in sewe jaar weer professioneel deelgeneem aan ‘n perde-uithourit in Oudtshoorn.

Hy’t tweede geëindig in die 90km-rit met ‘n tyd van 04:26:35.

“My broer en sy vrou teël met Arabier-perde en het gevra dat ek in hulle span sal ry.

"Ek en my perd, Henham Fernando, het ‘n groot-prys losgeslaan toe hy die toekenning ontvang het vir Algemene Beste Kondisie. Die was omtrent ‘n verrassing,” het Willem vertel.