[caption id="attachment_127879" align="alignnone" width="600"]Adam Barnard (Foto: Maree Nel) Adam Barnard (Foto: Maree Nel)[/caption]

“Hy praat weer en het vandag amper niks meer pyn nie,” vertel sy vrou, Almitra. “Maar gister was hy baie seer.”

Adam sal waarskynlik hierdie naweek ontslaan word, waarna hy teen die einde van November weer op die verhoog sal wees.

Die dialise-operasie is ’n voorloper tot die nieroorplanting wat hy in Februarie volgende jaar moet kry. 

Almitra verduidelik die doel van die dialise is om sy huidige nierfunksie te ondersteun en sy liggaam van gifstowwe te reinig voor die oorplanting kan plaasvind.

Adam het al van sy kinderdae af las met sy niere. Omdat hulle sukkel om die liggaamsoute en sure uit te skei, is sy kaliumvlak onder standaard.

Chroniese medikasie het sy nierfunksie tot dusver ondersteun, maar nadat hy vroeër vanjaar ernstig siek geraak het, het sy dokter besluit hy moet so gou moontlik ’n nieroorplanting kry.

Adam se jongste solo-album, Seisoene in die son, is in April vanjaar uitgereik.