Jak de Priester het ’n roerende inskrywing in die sosiale gedeel oor sy beste vriend, Frank Streichter kort nadat hy, sy vrou, hul seuntjie en ’n leerlingonderwyser Saterdagaand in ’n kop-teen-kop botsing in Phalaborwa, Limpopo dood is.

Frank (40) en Celeste (40), hul seun Franko en Lenisè Janse van Vuuren (19) is op slag dood toe hulle glo vir ’n aankomende vragmotor probeer uitswaai het.

Een van Franko se vriende, Janco Oberholzer was ook in die motor en is na die Tzaneen Mediclini gehaas met ’n kopbesering, berig Far North Bulletin.

Dit is later berig dat Janco onder verdowing gehou word en dat daar swelling op sy brein is.

Janco, die seun van Laerskool Phalaborwa se adjunkhoof, Cornel Oberholzer, het ook kanker oorwin.

Frank was ’n fisioterapeut op Phalaborwa terwyl Celeste ’n onderwyser was by dié skool. Lenisè het haar internskap by Laerskool Phalaborwa gedoen terwyl sy onderwys studeer het.

Frank en Celeste se dogter, Lua (8), het in ’n ander motor gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Die Streicher-familie en Lenisè was op pad huis toe ná ’n sportgeleentheid by die Dr. Annecke Primêre skool. Klein Franko het ’n rugbywedstryd gehad.

Frank het Sateroggend ’n inskrywing in sosiale media gedeel oor klein Franco se eerste drie tydens diè rugbywedstryd by die sportgeleentheid. "Wat ’n spesiale oomblik!" skryf hy.
Jak skryf op Instagram dat Frank een van sy beste vriende sedert kleuterskool was en dat hulle nog soveel planne vir die toekoms gehad het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, het aan Netwerk24 gesê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek.

Bronne: Far North Bulletin, Netwerk24, Facebook, Instagram