Die meeste bekendes is al goed ingeburger op sosiale media. Maar die sanger André Schwartz het eers onlangs op Instagram aangesluit en foto-oomblikke met sy aanhangers begin deel. André meen hy word geterg oor hy nog maar net ’n paar volgelinge het.

André se eerste foto was die van ’n sonsondergang.

Sunset on the farm tonight - ou sontjie sak mos weg. #nofilter #natural #backtonature

A photo posted by Andreschwartz1 (@andreschwartzsing1) on

Ons het gaan loer watter foto’s ’n paar plaaslike bekendes heel eerste op hul Instagram-profiele gedeel het.

Die blondekop blou-oog sangeres Leah se eerste Instagramfoto was een saam met vriendinne. Meer as 29 100 mense volg vir Leah op Instagram.

A photo posted by Leah [Official] (@leahmusieksa) on

Die akteur en filmvervaardiger Ivan Botha het ’n foto van hom, die aktrise Donnalee Roberts en Eloise Cupido op die Afrikaans is Groot-verhoog gedeel toe hulle aanbieders by die konsert was. Ivan het meer as 48 400 volgelinge op Instagram.

Wat 'n voorreg om deel te kan wees van #AfrikaansIsGroot2014.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

En sy mede-vervaardiger en aktrise Donnalee se eerste foto? ’n Toergids van New York. Sy het in 2012 na die Groot Appel gereis om vir twee maande lank ’n kursus in toneelspel vir film aan die New York-filmakademie gedoen het, het SARIE destyds berig. Sy spog ook met meer as 60 000 volgelinge op Instagram.

 

Francois van Coke se eerste Instagramfoto was ’n dowwe een van die langpad. Jy sal baie foto’s van die rocker se hond en optredes aantref. Meer as 51 100 mense volg hom op dié sosiale media-platform.

Die Rock Daai Lyfie-sanger Nicholis Louw het sy eerste foto bietjie meer as ’n jaar gelede opgelaai. Nicholis het sowat 7 183 volgelinge op Instagram.

What a privilege to be invited to speak on SFM radio station in George! Thanx guys!!! #nicholisontheroad

A photo posted by Nicholis Louw (@nicholis_louw) on

Die voormalige Mej. Suid-Afrika, Melinda Bam se eerste Instagramfoto was een van haar met die kroon. Meer as 86 000 mense volg haar.  

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Steve Hofmeyr se eerste Instagram-foto is bietjie meer as ’n jaar gelede opgelaai. Steve het sowat 20 400 volgelinge op Instagram.

 

Where in the world am I? (1)

A photo posted by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

Karlien van Jaarsveld se eerste Instagramfoto was een van haar en haar eksman Derick Hougaard – meer as vier jaar gelede. Sy het vandag meer as 128 000 volgelinge op dié sosiale media-platform.  

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

En boet Bobby s’n was ’n selfie! Hy het 139 000 volgelinge oor die jaar gekry.

 

Eerste Instagram #selfie

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Televisie-aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp se heel eerste Instagramfoto was van ’n krieketwedstryd. Sy het deesdae meer as 33 500 volgelinge.

 

Today #SydneySixers

A photo posted by Elana Afrika-Bredenkamp (@elanaafrika) on

Die filmvervaardiger, akteur en musikant Bouwer Bosch se Instagram-profiel is vol humoristiese foto’s en video’s. Maar raai wat was sy heel eerste foto? Een van die goed wat mense so graag afneem: ’n koppie koffie!

Meer as 73 000 mense hou sy Instagram-profiel dop.

 

A cuppacino is only as good as the instagram photo.

A photo posted by Bouwer Bosch (@bouwerbosch) on

Bron: Instagram