Die pragtige Afrikaanse sangeres Charlize Berg is tuis.

Die blondine se aanhangers was omtrent besorg toe sy die naweek laat val sy is in die hospitaal.

“Ek is terug by die huis. So dankbaar. Steeds maar uitgeput en op sterk medikasie, maar by die huis,” het sy op Instagram geskryf.

Sy het bemoedigende woorde met haar volgelinge gedeel: “Wanneer jy bekommerd is, trek jou helderste paar skoene aan en hou aan om die wêreld te verander een tree op ’n slag.”

Charlize het op 28 Junie inmekaargesak en is hospitaal toe geneem, het Charlize se ma en bestuurder, Ilse van der Berg, aan Huisgenoot vertel.

Sy was die afgelope ruk herhaaldelik siek en het ’n tyd gelede blaasontsteking gekry wat nierpypontsteking geword het en later nierinfeksie. 

Sy is in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem.

Charlize het die naweek laat bly sy was in die hospitaal. "Ná vier dae in die hospitaal vir baie erge nier-, blaas-, oor- en mondontsteking, is dit vinnig dat ’n mens net weer agterkom hoe kosbaar elke oomblik van die lewe is," het sy Saterdag op Instagram vertel.

Na 4 dae in die hospitaal vir baie erge nier, blaas, oor en mond infeksie, is dit vinnig wat 'n mens net weer agter kom hoe kosbaar elke oomblik van lewe is. Hoe elke asem maar net aan ons geleen is deur een genadige, amazing God wat omgee en ons so baie lief het. Die jaar was sover vir my crazy en dis so maklik om jouself in die proses so bietjie tekan verloor.. die tydjie van rus en totaal en al oorgee aan Sy ganade, het baie weer net in perspektief gesit en my net weer laat besef hoe kosbaar die klein dinge in die lewe is en hoe beautiful verhoudings is met die vriende en familie wat jou lief het en altyd sal ondersteun maak nie saak wat nie en belanrikste van als, hoe kosbaar die verhouding is wat jy het met God het. Mag ons niks in hierdie kort tydjie op aarde ooit "for granted" vat nie en elke dag volluit lewe met dankbaarheid vir elke bietjie wat God ons mee seën deur sy ongelooflike genade! Ek hoop om Maandag ge ontslaan teword, so bid asb saam met my vir volkome genesing ???? dankie aan almal wat my en my musiek tot vandag toe nog bystaan en ondersteun.. dis 'n voorreg om my talent tekan uitleef en dalk iemand daar buite tekan inspireer.. Een ding is verseker, God is goed en LIEFDE is waaroor die lewe gaan. Ek hou julle op hoogte! Liefde ?? en dankie aan al my hartsmense wat my nog net kom orlaai het met liefde, pragtige boodskappe, gebed en gifts, julle maak die lewe so veel soeter! Lief vir julle almal.. #strongwomen #hospital #overcoming #winter #sick #recovery #gettinghealthy #positivity #faith #believe #inspire #dream #wonderwomaninallofus #godlywoman #strenthinhim #focused #prayer #thankful #life #love #trust #hope #jesusismysavior #blessed #almostthere

A post shared by Charlize Berg (@charlizeberg) on


Ons hoop jy is sommer gou weer op die been, Charlize!