‘n Nuwe Afrikaanse film is spoedig op pad. Die Boere-noir-riller getiteld, Wolwedans in die Skemer, kom uit die pen van bekende filmresensent Leon van Nierop.

Die film is gebaseer op die gewilde Afrikaanse radioriller wat in die vroeë 1980’s tot ’n miljoen luisteraars per episode gelok het en later in ’n TV-reeks omskep is. Dit handel om die hoofkarakter Sonja en die geheim uit haar verlede wat met haar opvang.

Volgens Wolwedans se Facebook-groep sluit die rolverdeling grootname soos Rolanda Marais en Karen Wessels in. Die res van die akteurs wat deel sal uitmaak van die projek is David Louw, Desire Gardner, Lelia Etsebeth, Jacques Bessenger en Gerard Rudolf.

Jozua Malherbe sal die regie behartig. Danie Bester, bekend vir sy werk in films soos Roepman en die Bakgat!-reeks, is die vervaardiger.

Verfilming sal binnekort begin.

Volg Huisgenoot op Twitter.