Die Geskeurde Jeans-sangeres het die nuus Saterdag op haar amptelike Facebook- en Instagram-blaaie bekend gemaak met 'n nota: "Ek wil graag die nuus met julle deel voor die media doen."

In die lywige inskrywing skryf Karlien Joe is "net 'n gewone ou, met 'n gewone werk wat lief is vir golf...en 'n bier om te ontspan."

Lees ook: Popprinses Karlien van Jaarsveld mesmeraais in skattige skoffelvideo saam met haar kêrel!

Sy vertel ook die man in haar lewe hou van sigare rook, Koos Kombuis se musiek en is lief vir kosmaak. Volgens Karlien het hulle al 11 jaar gelede in Potchefstroom ontmoet en "gesoen", maar Joe het toe Frankryk toe gegaan en die verhouding het nie gevorder nie.

Maar toe maak Joe onlangs sy verskyning "uit die bloute uit" en met "'n swart hemp, 'n swart stywe jean met een baie groot glimlag" was hy terug in Karlien se lewe. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Die popster meen sy is "baie opgewonde" om die nuus met haar aanhangers te deel. Besonderhede rondom 'n troudatum is nog nie bekend nie.

Karlien is in Oktober verlede jaar van die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard geskei. Hulle het 'n tweeling seuntjies saam wat in Desember 2013 gebore is.