Die laaste keer toe ons haar op Suid-Afrikaanse televisie gesien het, was sy die Franse prinses Stephanie in die romantiese komedie Knysna (2014). 

Toe was Marguerite Wheatley nog vol verlange na “haar land” en “haar mense”, en al glo ons sy sal altyd volksbesit bly, spog sy deesdae met Amerikaanse burgerskap.

Dié plat op die aarde Weskus-meisie wat ons leer ken het as die pretensielose Doreen Smith van Egoli het dié blye nuus met ’n foto op Instagram gedeel en daarby geskryf:  “Die dag is myne. #newuscitizenus... en ook die dag vir 10 000 ander.

The day is mine. #newuscitizen??????... and also the day for 10 000 others.

A post shared by Marguerite Wheatley (@marguerite_wheatley) on

Marguerite is in 2012 met behulp van ’n EB1 Los Angeles toe om haar droom te verwesenlik en internasionaal opgang te maak in die filmbedryf.

Dié soort groen kaart word net toegeken aan mense met uitsonderlike vaardighede wat al sekere prestasies in hul land behaal het. ’n Sekere getal van die kaarte word ook aan akteurs toegeken.

In 2009 het sy in Invictus die rol van Nerine Pienaar vertolk. Matt Damon was daarin te sien as die voormalige Springbok-kaptein Francois Pienaar.

Hier is sy saam met Morgan Freeman, wat die rol van oudpres. Nelson Mandela vertolk het.

Sê gou jou sê, oompie.

A post shared by Marguerite Wheatley (@marguerite_wheatley) on

Toe Marguerite net in Los Angeles aangekom het, het haar akteursvriend Frank Rautenbach, wat in die flieks Hansie en Faith Like Potatoes gespeel het, en sy vrou, Leigh, haar onder hul vlerk geneem. Hulle is steeds goeie vriende, en Marguerite noem hulle haar “familie” in die vreemde.

Mes familles du LA #doughroom (Canadian out of shot). @doogiemae

A post shared by Marguerite Wheatley (@marguerite_wheatley) on

Marguerite het ook ’n foto gedeel waartydens die nuwe burgers die Eed van Getrouheid afgelê het.

Geluk met jou burgerskap, Marguerite!