Die akteur en rolprentmaker Tim Theron het Donderdag pa van ’n babaseuntjie, Migael, geword. Hy en sy vrou, Juanli, is reeds die trotse ouers van ’n pragtige poppie, Sophia (2).

A photo posted by Tim Theron (@timttheron) on

Tim, wat onder meer rolle vertolk het in Mooirivier en Klein Karoo, het op Facebook die blye nuus gedeel en geskryf: “Verlig, verlief en opgewonde oor ons nuwe mensie!”

Hy en Juanli het in ’n onderhoud met kykNET vertel watter belangrike lesse hulle graag vir hulle nuwe toevoeging wil leer.

“Ons sal wil hê dat ons seuntjie, net soos sy sussie, weet dat daar vir hom geen beperkinge in die lewe is nie – geen hoogte wat hy nie kan bereik nie – die hele wêreld lê oop vir enigiemand wat dapper genoeg is om te werk vir die dinge waaroor hulle droom.

[caption id="attachment_154314" align="aligncenter" width="550"]Foto: KykNet Foto: KykNet[/caption]

"En hopelik kan ons hom leer dat hy ’n verskil kan maak in hierdie land en hierdie wêreld, ’n positiewe invloed kan hê in die mense wat op sy pad kom, en dat daar dikwels baie meer bevrediging lê daarin as enige tradisionele definisie van sukses.”

Hulle het verder vertel dat hulle die meeste daarna uitsien om “ons nuwe mensie te leer ken en te ontdek – wie hy is en waarheen sy lewe op pad is. Om saam met hom te leer en die wêreld weer opnuut deur sy oë te beleef.

Oor die volgende paar jaar se ekstra vuil doeke is ons so ’n bietjie minder opgewonde.”

Baie geluk met die nuwe kleinding, Tim en Juanli!