Kan julle glo! Dit het weens chemoterapie uitgeval.

[caption id="attachment_159227" align="alignnone" width="600"]’n Onderwyser loop onder kritiek deur nadat sy in die klas aanmerkings gemaak het oor MaKayla Welsh se min hare. Foto: Wpxi.com ’n Onderwyser loop onder kritiek deur nadat sy in die klas aanmerkings gemaak het oor MaKayla Welsh se min hare. Foto: Wpxi.com[/caption]

“Die onderwyseres het gedink sy trek haar hare uit,” vertel klein MaKayla Welsh se ma, Nicole. “Sy het toe gesê as MaKayla se kop kaal is, sal sy nie mooi lyk nie.”

Twee jaar gelede is leukemie by MaKayla gediagnoseer, maar dis tans in remissie. Sy kry wel nog chemoterapie.

“Dit het haar vreeslik gepla toe haar hare begin uitval. In ’n stadium wou sy nie skool toe gaan nie omdat sy niks meer hare gehad het nie,” vertel haar ma aan wpxi.com.

[caption id="attachment_159228" align="alignnone" width="600"]Foto: Wpxi.com Foto: Wpxi.com[/caption]

Nicole sê die aflosjuffrou aan die Laerskool Wylandville in Canonsburg het die stelling voor die hele klas gemaak terwyl MaKayla daar was. Haar ma het dadelik ’n klag by die skoolhoof en superintendent gelê. Hulle het haar verseker dit sal nie weer gebeur nie.

Ná die voorval het die skool besluit om ’n video aan MaKayla se klasmaats te wys om hulle te help verstaan waardeur sy gaan.

[caption id="attachment_159230" align="alignnone" width="600"]Foto: gofundme/teammakayla Foto: gofundme/teammakayla[/caption]

“Toe die video klaar is, het die hele klas haar ’n drukkie gaan gee. Sy was so opgewonde en wou weer skool toe gaan,” vertel Nicole.

“Tel jou woorde wanneer jy met kinders praat. Woorde kan baie seerder maak as wat jy dink. Dit kan jou altyd bybly.”

Dit is nog nie bekend of die juffrou vervolg gaan word nie.

Bronne: wpxi.com, mirror.co.uk, gofundme.com, y100fm.com