Die laaste oomblik van ’n driejarige meisie wat deur haar stiefpa verdrink is, is op kringtelevisie vasgelê en die beeldmateriaal is pas uitgereik.

In die video, wat glo by ’n hotel se swembad in die suidwestelike Mexikaanse staat Michoacan geneem het, is die ongeïdentifiseerde man opgeneem waar hy die kind herhaardelik in die water gooi.

In die video kan gesien word hoe die kind in die water sukkel. Die man hou haar op ’n kol onder water terwyl sy snak na asem.

Die ma het glo ten tyde van die voorval in haar kamer geslaap.

Die kleuter verdrink later en is glo in die gesinsmotor geplaas. Die polisie is gebel nadat die kind se ma besef het daar skort iets. Die man is in hegtenis geneem en van moord aangekla.

Ons het doelbewus gekies om nie die ontstellende video hier te wys nie.

Bronne: metro.co.uk, mirror.co.uk