Volgens ER24 het die voertuie verspreid oor die snelweg gelê toe paramedici op die toneel kom.

Eers nadat die vlamme geblus is, het nooddienste op ’n verkoolde man en vrou in die motor afgekom.

Een van die motors was nog in vlamme en die brandweer moes ingeroep word om die vuur te blus.

Eers nadat die vlamme geblus is, het nooddienste op ’n verkoolde man en vrou in die motor afgekom.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het op navraag gesê dit is steeds onduidelik of die man en vrou tydens die ongeluk op slag gesterf het en of hulle inderdaad doodgebrand het.

Foto: ER24

Die twee is op die toneel dood verklaar.

Van die twee ander mense wat in die botsing beseer is, is een in ’n kritieke toestand en paramedici moes lewensreddingstegnieke toepas om die patiënt by te bring.

Die ander een het matige beserings opgedoen.

Albei beseerdes is na ’n nabygelieë hospitaal vervoer.

Die polisie was op die toneel en is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.