Maar danksy ’n gawe veearts wat vir Kiwi ’n valsoog gemaak het, kan hy die boelies uitoorlê en swem hy lekkerder as ooit in sy tenk in sy eienaar, Julie Morgan, se huis in Missouri, Amerika.

“Die ander visse het agtergekom watter oog werk nie en hom van agter bekruip en sy stert gebyt. Heel stukke van sy stert is afgebyt,” het Julie aan Fox2Now gesê. Lees ook: Bok van Blerk en sy span trek ’n tamaai vis uit Julie het die veearts dr. Megan Baebler genader, wat ’n klein plastiekogie aanlyn bestel en aangepas het om soos Kiwi se ander oog te lyk. “Ek het dit self met die hand geverf. Ek het ’n mengsel van naellak en oogskadu gebruik om dit te laat glinster en die kleure te laat wissel.”

Kiwi is onder verdowing geplaas en moes ’n operasie van 30 minute ondergaan om sy nuwe oog te kry.

Lees ook: Glibberige groepie pikkewyne ‘ontsnap’ uit die dieretuin

Hoewel sommige mense dink dis dwaas om soveel tyd en moeite aan ’n vis te bestee, sê Julie sy wou Kiwi pyn en ongemak spaar. “Baie mense sou sê ek moes hom net laat uitsit, want dis net ’n vis, maar ek glo nie enigiets is ‘net iets’ nie. As ek hom ’n beter lewensgehalte kan gee, hoekom nie?”

Bronne: Fox2News, KTVI