Personeel van Manana, die adjunk-minister van onderwys, het Sondag ’n verklaring uitgereik waarin aangedui word dat hulle nie met die “negatiewe sentiment” van gewese kollegas saamstem nie.

“Ons adjunk-minister is ’n man van integriteit. Hy is baie streng wat werk aanbetref en hy moedig ons deurentyd aan om onsself te bemagtig deur onderrig,” is onder meer in die verklaring gesê.

In ’n klag wat na bewering in 2012 deur Wonga Tabata, Mangana se voormalige kantoorhoof, teen hom ingedien is, word hy van die misbruik van sy magte beskulding.

Volgens die Sunday Times het Tabata beweer Manana het hom daarvan beskuldig dat hy deel is van ’n politieke groepering wat wou sien dat hy faal as adjunk-mimister. Hy het hom glo ook van politieke vuilspel beskuldig.

Cleopatra Mosana, woordvoerder van die kantoor van die openbare beskermer, het gesê daar kan nie dadelik op die status van die klag reageer word nie omdat die voorval voor die aanstelling van die huidige openbare beskermer plaasgevind het.

Die kantoor sal die rekords nagaan om die status daarvan te bevestig.

Gewese lede van Manana se personeel maak bewerings van vloermoere, afpersing en blatante misbruik wat oor ’n tydperk van vyf jaar strek.

Een van hulle, ’n sekretaresse, het beweer Manana sou haar in die vroeë oggendure bel, uitskel of vloek en dreig dat sy haar werk sal verloor. Hy sou haar glo ook met sy dagboek en selfoon gegooi het.

Die vrou het ook impliseer dat sy personeel sy huis moes skoonmaak en sy vriende vermaak wanneer hy partytjies tuis gehou het.

Manana het die voorval waartydens ’n vrou verlede Sondagoggend in die Cubana-nagklub aangerand het, as ’n verleentheid beskryf en volgens hom was dit die gevolg van "uiterste provokasie".

Die vrou, sedertien as Mandisa Duma (30) geïdentifiseer, het beweer Manana wou haar familie oorreed om die klagte teen hom te laat vaar.

Duma, ’n kleinnniggie van Nkosazana Dlamini-Zuma, wou egter nie bes gee nie.

“Ek doen hierdie om ’n stem vir ander vroue te wees wat aangerand is en te bang is om daaroor te praat,” het sy gesê.

Duma het beserings aan haar nek en ore, asook ’n geswelde oog tydens die voorval opgedoen.

Manana is Donderdag op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Luidens berigte was Manana reeds vantevore twee keer daarvan beskuldig dat hy vroue in Ermelo aangerand het.

Hy het haar na bewering so hard gestamp dat sy geval het en in die hospitaal opgeneem moes word.

Altwee vroue het klagtes aanhangig gemaak maar daar was geen verdere optrede daarna nie.

Sy buurvrou, Sybil Raulstone (67), het hom na bewering ’n lasterlike woord toegesnou toe sy oor ’n raserige partytjie gekla het. Hy het haar na bewering so hard gestamp dat sy geval het en in die hospitaal opgeneem moes word.

Manana het bevestig dat Raulstone rassisties teenoor hom was, maar het beweer dat hy haar nie gestamp het nie.

Sinhle Mokhohlane (22) en haar tante is glo in ’n parkeerterrein deur Manana aangerand. Die twee partye het klagtes teenoor mekaar aanhangig gemaak. Die saak is sedertien laat vaar, maar nog nie amptelik geskrap nie.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het die saak teen Manana as uiters teleurstellend bestempel. “Ons verwag mense soos hy om as ambassadeur op te tree.”

Mbalula het ook aangedui dat Manana nie spesiale behandeling sal ontvang nie.

Vroueregte is menseregte.


Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het aan die Sunday Times gesê die vroueliga sal nie Manana se ontruiming van sy pos versoek nie omdat “die aanval as ’n politieke instrument” ingespan word.

Dit volg ’n paar dae nadat die Vroueliga gesê het hulle verwerp geweld teen vroue en dat die gemeenskap kragte moet saamsnoer om die toename in geweld teen vroue en kinders te bekamp.

Hulle het die verklaring met “Vroueregte is menseregte” afgesluit.

Is jy 'n slagoffer van geweld teen vroue en kinders?

Hierdie organisasies kan jou help:

  • FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp.
  • Lifeline (24-uur): 0861 322 322.
  • POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp.
  • Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand
  • Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762.
  • SA Polisie-noodnommer: 10111

Bykomende bron: news24.com