Die Britse sangeres het glo £100 000 per minuut (sowat R1,3 miljoen) gevra om by ’n troue op te tree, berig Channel24.

Vivian Imerman, die voormalige eienaar van die kosmaatskappy Del Monte en multimiljoenêr wat in Suid-Afrika gebore is, het die Skyfall-sangeres genader vir ’n 25 minuut lange optrede by sy dogter Megan se troue. Die geleentheid word by die luukse Grosvenor House-hotel in Londen gehou.

Imerman, wat sowat £400 miljoen (sowat R5,5 miljard) werd is, het besluit om nie die dienste van die bekroonde superster te gebruik nie nadat hy uitgevind het die vlugtige vertoning gaan hom £2,5 miljoen (sowat R35 miljoen) kos.

Nuus24 (Foto: Bang Showbizz)