Adele het op Vrydag (23 Oktober 2015), ná 'n afwesigheid van drie jaar, teruggekeer met dié hoogs roerende ballade. Tesame met die snit, het Adele in ’n video van ses minute opgetree wat deur Xavier Dolan geregisseer is.

Terwyl die sangeres se lojale bewonderaars saamgedrom het om die filmgreep te sien, het dit Vevo se rekord vir die meeste besoeke in ’n 24-uur-tydperk geklop – ’n verstommende 27 miljoen keer.

Die video is by die laaste telling ál meer as 89 miljoen keer gekyk

Die kortprent het soos ’n veldbrand versprei en dit is in duisende memes vertoon wat deur bewonderaars geskep is. Die video is, by die laaste telling ál meer as 89 miljoen keer gekyk sedert dit die internet getref het.

Dié ongelooflike syfer het Taylor Swift, wat voorheen die rekordhouer was met haar sterbelaaide video vir Bad Blood, verbygesteek.

Dit lyk asof Hello een van Adele se suksesvolste uitreikings tot dusver is.

Dit is reeds goed op pad om die rekord te hou vir enkelsnit van die jaar, deur 165 000 kopieë van hande te laat verwissel in verkope en strome, en hierbenewens is dit nog 156 000 keer afgelaai.

Die Official Charts-Maatskappy sê die ster is kort op die hakke van Ellie Goulding, wat tans die houer van daardie titel is met haar enkelsnit Love Me Like You Do.

Terwyl Adele die wêreld oorweldig met haar nuwe enkelsnit, is daar Maandag 26 Oktober 2015 aangekondig dat die ma van een kind op 21 November (2015) terugkeer as die musiekgas op Saturday Live.

Sy het in 2008 laas op die program verskyn.

Die sangeres gaan dié keer aan die sy van die beroemde gasheer Matthew McConaughey verskyn wanneer die program volgende maand uitgesaai word. Adele se verskyning op die program geskied slegs ’n dag ná die uitreiking van haar nuwe album, 25, wat vanaf 20 November op die rakke sal wees.

As jy dalk nog nie die video gesien het nie, loer hier:

© Cover Media