Cameron O’Sullivan en sy suster, Adele, het dieselfde pa, Mark Evans. Terwyl die Grammy-wenner die wêreld in vervoering het, lei Cameron, ’n 20-jarige student in sportmedisyne, ’n ander soort lewe saam met sy ma in ’n klein huisie in Llantwit Major, Suid-Wallis.

Lees ook: Twitter is 10 jaar oud! Kyk wat was dié SA bekendes se eerste twiets

Adele se rugbymal jonger broer het onlangs vir die eerste keer in ’n onderhoud gepraat oor sy ontsteltenis omdat sy suster se besige program haar van hom weghou.

Cameron het Maandag aan die Britse koerant The Sun gesê: “Dis moeilik, want ons sien mekaar nooit. Ons is glad nie na aan mekaar nie en dit is moeilik.

“Ek is werklik na aan haar ma, Penny (Adkins), maar dit is al. Ek praat skaars met Adele. Daar is niks. Sy is so besig, dus is ons nie regtig na aan mekaar nie.”

Adele, 27, het nog min oor haar broer gesê, want die twee het in verskillende huise grootgeword en mekaar eers in 2007 ontmoet. Sy het in 2011 tydens ’n gesprek erken: “Hy lyk soos my tweelingbroer – dieselfde hare en alles.

“Dit is bisar om in ’n heeltemal ander stad groot te word, en dan, as julle mekaar sien, voel dit asof julle elke dag van jul lewe saam deurgebring het.”

Lees ook: Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

Cameron hoop indien die gerugte oor Adele en haar lewensmaat, Simon Konecki, waar is, hy na die troue genooi sal word. Hy erken hy het nog nie sy nefie, Adele se driejarige seun, Angelo, sedert sy geboorte in 2012 gesien nie.

Luidens gerugte is Adele en haar halfbroer albei van hul pa, Mark, vervreem sedert hy weg is toe die sangeres twee jaar oud was. Cameron het toegegee sy verhouding met sy pa het “bloot doodgeloop”.

Intussen het Adele die koerantopskrifte gehaal nadat sy onlangs aan bewonderaars gesê het sy sal nie hierdie somer Rihanna se Wembley-konsert in Londen bywoon nie, want sy wil nie dagga inasem nie.

Die uitgesproke sangeres het beweer sy gaan die optrede vermy omdat die rook haar stem kan beïnvloed en dat sy dalk “hoog” kan wees die dag voor sy op 25 Junie op die Pyramid-verhoog by die Engelse Gladstonbury-musiekfees optree.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Ontploffings ruk Brussels-lughawe: Talle beseer, honderde vasgekeer

Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo

Olivia Newton-John se ‘oorlede’ ekskêrel woon dalk in die geheim in Mexiko

Tweejarige skiet hom met ma se vuurwapen