Sy het dit onlangs by 'n ateljee in Londen gesing en 'n video van die optrede aanlyn gedeel. Sover is die liedjie met gemengde reaksie ontvang, met party wat haar sterk stem prys, en ander wat meen van die lirieke is vol cliché's.

Intussen het Adele ook gerugte afgemaak dat sy ’n aanbod van die hand gewys het om saam met Beyoncé Knowles te werk en gesê sy sal dié superster “nooit minag” nie.

Daar is onlangs in berigte beweer Beyoncé wou met Adele saamwerk, maar die Britse soulsensasie het glo nie belanggestel nie.

Adele het egter nou die gerugte die nek ingeslaan en gesê sy het al nee dankie gesê vir duette met kunstenaars, maar dat sy so ’n groot Beyoncé-aanhanger is dat sy nooit so ’n kans deur haar vingers sou laat glip nie.

“Daar loop ’n gerug dat ek Beyoncé se aanbod afgekeur het,” het sy op die radioprogram Beats 1 aan die Britse DJ Zane Lowe gesê. “Ek sou nooit so minagtend wees om so iets te doen nie. Ek sou haar nooit so minag nie.”

Ek sou haar nooit so minag nie, sê Adele

Sy het ook in die onderhoud, wat op Woensdag 18 November uitgesaai is, vertel watter kunstenaars sy as haar tydgenote beskou.

“Ek is mal oor Lana Del Rey. Ek is absoluut versot op haar. Ek het haar egter nog nooit ontmoet nie, maar sy ontroer my siel. Ek is mal oor Alabama Shakes en ek dink die (sangeres) Brittany (Howard) se stem herinner my aan hoe ek die heel eerste gevoel het toe ek Etta James hoor sing.”

Sy sê verder sy hou ook van die rapper Drake, die elektroniese groep Chvrches en die rockers The Maccabees.

© Cover Media